Soms gee iets jou selfbeeld 'n groot knou, maar jy kan daaruit kom en jouself weer ontdek. Dít weet Lizz Meiring nou:

  • Veral vroue vergeet: Jy is menslik. Jy hoef nie die wêreld op jou skouers te dra nie.
  • Voor jy hardloop vir hulp, onthou, die antwoorde is baie keer in jouself.
  • Soms kan jy maar jou kop in die sand steek – jy hoef nie altyd negatiewe, onnodige inligting te absorbeer nie.
  • As jy baie omgee vir ander, bestee jou energie daaraan om mense te help wat regtig gehelp en gelukkig wíl wees.
  • Staan 'n bietjie terug. Moegheid is een ding, maar daar is gesinne wat nie 'n dak oor hul kop het nie. Die beste perspektief wat ek kon kies, is die maan – van daar sien jy hoe nietig jy is, maar nie op 'n hopelose manier nie. Dit maak jou dankbaar.
  • Don't invite your thoughts to tea. Jy hoef nie elke liewe gedagte in diepte te ontleed nie. Soms kan jy jouself leer ken deur net te wees.

Lees twee ander vroue se stories oor hoe hulle hulself weer ontdek het