Hoe lyk die skoene dié seisoen?

  • Helder kleure met interessante motiewe

  • Insteekskoene is steeds hoogmode

  • Hoëhakke is altyd welkom in enige modebewuste se kas

  • Plakkies en sandale bly natuurlik ’n treffer en maak dié keer hul verskyning in plastiek en byderwetse patrone

7 nuwe versamelings

1) Hunter

Die handelsmerk Hunter is gewoonlik sinoniem met gemaklike stewels, maar dié seisoen het hulle ook ’n reeks kleurryke sandale. Die byderwetse materiaal en verstelbare gespes (asook die metaal-Hunter-embleem!) skep ’n vars, modieuse voorkoms.

hunters

2) Superga

Superga het saam met die Italiaanse stylikoon Chiara Ferragni gewerk om ’n vroulike en prettige seilskoen te ontwerp.

superga

Chiara se webjoernaal The Blonde Salad was die inspirasie agter dié gehekelde toerygtekkies wat in drie pastelkleure te kry is.

superga

Die beperkte reeks, The Blonde Salad, is vanaf Oktober by uitsoekwinkels van Superga beskikbaar.

3) Cinnamon

Hierdie handgemaakte insteekskoene van Cinnamon skree styl en luuksheid. Elke skoen word noukeurig met die hand gemaak en van gehaltemateriale vervaardig, wat beteken elkeen het ’n unieke voorkoms!

cinnamonCinnamon ondersteun die Nkhensani-kinderhuis in Johannesburg wat werk met mishandelde en ouerlose kinders. Lees meer oor hoe jy skoene kan skenk aan die kinderhuis en boonop afslag kan kry op jou Cinnamon-kopie.

4) Clarks

Klassieke style, gemak en erfenis - drie elemente wat Clarks-skoene beskryf. En hierdie nuwe reeks is geen uitsondering nie.

clarksNou kan jy modieus wees en terselfdertyd gemaklik in dié somer se tydlose, moderne style - perfek vir enige geleentheid.

clarksBeskikbaar by Clarks-winkels in Eastgate, Clearwater en Menlyn Park.

5) Polo

Polo, die handelsnaam wat bekend is vir hul ikoniese gholfhemde, stel ons weer eens nie teleur met hul tydlose styl nie. Met hul nuwe reeks kan jy koel en sjiek lyk in skoene wat versier is met Polo se kenmerkende ponie-monogram.

poloLandwyd beskikbaar by Polo, Stuttafords en uitsoekwinkels van Edgars.

6) Ted Baker

Pastelkleure is steeds hoogmode en Ted Baker se reeks sorg vir ’n onweerstaanbare kleurpalet met klassieke blommotiewe. Die“Fluuri”-hakskoen (links) en die “Charee”-insteekskoen (regs) is die perfekte toevoeging tot jou klerekas.

ted bakerLandwyd beskikbaar by alle Ted Baker-winkels en aanlyn by www.tedbaker.com

Ted Baker stel ook ’n reeks plakkies in opvallende kleure vir dié somer bekend. Elke skoen word afgerond met die kenmerkende Ted Baker-strik en -embleem.

ted baker7) Preen X Aldo Rise

Aldo Rise het vir die derde keer saam met die Londense modeontwerpers Justin Thornton en Thea Bregazzi van Preen gewerk. Dié samewerking het gesorg vir ’n treffende reeks wat Preen se liefde vir oorspronklike patrone en sterk lyne uitbeeld.

aldoDie Preen X Aldo Rise-reeks bestaan uit klassieke style wat met helder kleure en laslapwerk gekombineer word om elke skoen ’n besonderse afwerking te gee.

aldo

Die reeks is beskikbaar by ALDO-takke in Sandton, Menlyn Park, V&A Waterfront en Gateway.

Dra dit saam met sokkies!

Somerskoene Clarks

Om sokkies saam met jou somerskoene te dra is weer hoogmode! Dit was oral op die loopplanke te sien, veral in Prada se Somer/Lente 2013-vertoning.

Hoe dra jy dit?

Dié styl is nie vir almal nie. As jy ’n waaghalsige modebewuste is, probeer die volgende:

  • Dra effekleurige sokkies saam met wighakke by ’n noupassende driekwart-romp.
  • Speel met kleurryke sokkies met interessante motiewe.