“Fetisj het ’n positiewe kant. Dis ’n onverklaarbare soort konsentrasie op of obsessie met iets. Ek dink dit impliseer ook toewyding en dissipline,” Marc Jacobs, ontwerper vir Louis Vuitton.

Herfs/winter 2011-2012 se bykomstighede sorg vir ’n bietjie pret met fetisjisme. Hoogtepunte by die Vuitton-vertoning in Parys was militêre pette van poolstof en maskers wat as neo-tiaras gedra is. Armbande is vervang met krokodilvel-handboeie wat fetisjisme ’n modieuse aanslag gee.

Leerhandskoene het die meeste voorkomste afgerond, en korset-tipe cordovan-belts het die modelle se middels beklemtoon. Skoene het met twee aspekte van fetisjisme gespeel: Daar was dogtertjieagtige sjarme en ’n sexy element. Hakke was bonkig en superhoog, terwyl ’n groot verskeidenheid materiale gebruik is.

Kyk hier vir agter-die-skerms-beelde en die onderhoud met Marc Jacobs: