Marc Jacobs, die ontwerper van Louis Vuitton, het duidelik gefokus op vroulikheid en sensualiteit vir somer 2012. Die reeks is vertoon op 'n groot wit mallemeule wat jou asem wegslaan. Die ontwerpe is hoofsaaklik wit met tikkies pastelle hier en daar. Uitsnywerk op die klere en selfs bykomstighede verseker dat elke item spesiaal is. Die vertoning is afgesluit met ’n verskyning deur Kate Moss wat al vir 23 jaar die loopplanke tydens modeweke paradeer.