Die waarde van vriendskap het soos 'n helder lig geskyn die dag toe 'n grope top-kunstenaars saamgekom het om geld in te samel vir hul siek musiekmaat Lucas Maree.

In jou November-SARIE kan jy lees van mense soos Mathys, Kurt, Coenie en Anton oor Lucas sê.

Lucas Maree raak aangedaan en "voel oorweldig" deur wat sy vriende vir hom doen.

"My hart is vol. Ek het nie woorde om te beskryf hoe geliefd ek op hierdie oomblik voel nie. Ek weet nie wat ek reg gedoen het om sulke vriende te verdien nie."
Vir hom is die menslikheid en warmte waarmee die projek aangepak is 'n bron van energie.
"Ek het elkeen van hierdie mense wat aan die CD deelgeneem het, opreg lief. Ek wens uit my hart ek kon vandag by hulle gewees het."
Hy sê hy wil al die liefde "spaar" en bietjies-bietjies opgebruik op die dae dat hy nie so gesond voel nie.
"Ek het dalk nie my miljoen gemaak nie, maar my vriende, gemeet aan geldwaarde, is ver meer as 'n miljoen werd."

En vir SARIE sê hy:

"Ek is stemloos, woordeloos en asemloos. Tot nou toe het dit soos 'n droom gevoel, maar ek het nou net die SARIE gekry. Hoe gaan ek ooit genoeg kan dankie sê? Ek is baie lief vir julle."

Waar kry ek my CD?

"Lucas Maree - Een uit 'n miljoen" is vanaf 8 November 2010 by MUSICA te koop.
Die musiekvideo van Miljoen is net in 30 000 SARIE's in SPAR Supermarkte beskikbaar.
Eksklusief eerste beskikbaar in SARIE!