Met Clinique se nuwe Even Better Skin Tone Correcting Moisturizer SPF 20 kan jy nou die tekens van die tyd takel. Dit help om sonskade, donker vlekkies en selfs aknee-skade te versag en só jou gelaat 'n meer eweredige en dus jeugdiger voorkoms te gee. Gebruik dié produk elke dag, op enige velkleur, en jy sal binne sowat 4 tot 6 weke resultate begin sien. En om sake nog so 'n bietjie aan te help, gebruik Clinique Even Better Skin Tone Corrector daarmee saam.

Die tegnologie in Clinique Even Better Skin Tone Correcting Moisturizer SPF 20:

1. verminder inflammasie

2. beperk die produksie van donker pigmente in velselle

3. versag bestaande donker vlekke deur donker pigmente af te breek

4. help die vel om donker velselle af te skilfer deur 'n beheerde afskilferingsproses

Kry selfs beter resultate só:

* Daaglikse sonskerm is 'n móét! Gebruik 'n sonskerm met 'n SB-faktor van 15 of hoër om die vorming van donker vlekke te keer.

* Volg die daaglikse 3-stap velsorgroetine: reining, skilfer af en bevog. Besoek www.clinique.co.za vir meer hieroor.

* Rond af met Clinique Even Better Makeup SPF15 - die perfekte pasmaat by jou Even Better velsorgreeks.

Kyk op www.clinique.co.za vir meer detail.