Wie sou kon dink dat deur net die regte onderklere te dra kan jy tot 'n hele rokgrootte kan verloorPlaytex se jongste tegnologie bevat mineraalkristalle in die materiaal wat die vel masseer om te help dat jy van gifstowwe ontslae raak. Dit stimuleer bloedsomloop en verminder só ook selluliet

Dié onderklere pas vleiend en verslank veral om die middel, heupe en bo-bene. Die materiaal is uiters sag en gemaklik op die vel, en die some is vasgegom om 'n gladde voorkoms onder klere te verseker.

Vroue tussen 23 en 50 jaar wat aan proewe deelgeneem het, het positiewe reultate gemerk met die dra van beide die Panty Shaper en die Long Leg Shaper, en 80% van die vroue het beweer hul vel is  sagter ná die dra van die onderklere. Hulle vertel dat die resultate blywend is.

Die Panty Shaper (R399,95) begin net onder die borslyn en eindig laag af op die been. Dis te kry in groottes S tot XXXXL.

Die Long Leg Shaper (R529,95) is 'n veelsydige snit wat net bo die midrif begin en driekwart van die bo-been bedek, tot net bo die knie. Te kry in groottes S tot XXXXL.

Playtex se 1 Size Down is beskikbaar by uitsoek-takke van TRUWORTHS.

Besoek www.playtex.co.za vir inligting.