Dié program bied vir kykers ’n blik op die vermaaklikheidswêreld en gee agter-die-skerms-kykies na die lewens van Hollywood-sterre. Tammy-Anne Fortuin, een van die program se aanbieders asook aanbieder van die kykNET-program Roer!, vertel van haar ervaring van die afgelope jaar as lid van die All Access-span. Waarom dink jy is All Access so ’n gewilde program?
Ek dink omdat dit so 'n groot verskeidenheid aan kykers bied. Daar is iets vir almal, en mense kan identifiseer met die program. Die inhoud van elke episode is nuut en vars. Ek dink ook mense geniet die program omdat die aanbieders almal vriende is en dit mense gemaklik laat voel.
Geniet jy dit om deel te wees van All Access en hoekom?
Dit is absoluut fantasties vir my! Dit is verskriklik lekker om deur die program die geleentheid te hê om soveel verskillende mense te ontmoet, veral mense wat so goed is in die veld waarin hulle is. Om vir M-Net

My grootste onderhoud nog is definitief die een met Pierce Brosnan in New York. Mense sê altyd mens moenie te veel verwag van ’n gunsteling- bekende nie, maar ek was glad nie teleurgesteld gewees nie. Hy is só sjarmant. ’n Regte old school gentleman.
as uitsaaier te werk is werklik ’n voorreg. Sonder hul infrastruktuur sou dit nie moontlik wees om alles te beleef wat ek deur All Access doen nie. Wat was vir jou hoogtepunte van die afgelope jaar as aanbieder op die program?
Daar’s so baie, ek weet nie eers waar om te begin nie! Ek dink toe ek die eerste keer Hollywood toe gegaan het, was een van die hoogtepunte vir my. Almal vertel altyd oor die glans daarvan, maar mens besef nie hoe ongelooflik dit is tot jy dit self gesien het nie. Nog ’n hoogtepunt is om legendes in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf te ontmoet. Dit was byvoorbeeld vir my ’n eer om oorkant Sandra Prinsloo te sit. Suid-Afrika het sulke fenomenale vroue.
Kan daar enige laagtepunte wees?
Daar kan nie! Alles wat ek op die program doen en beleef, is ’n ervaring vir my.
Wat was jou gunsteling-oomblik van jou jaar op die program?
Dit sou definitief my onderhoud met Pierce Brosnan in New York wees. Mense sê altyd mens moenie te veel verwag van ’n gunsteling-bekende nie, maar ek was glad nie teleurgesteld gewees nie. Hy is só sjarmant. ’n Regte old school gentleman. Ek is ’n baie sentimentele persoon, so die verjaardagpartytjie van die program was ook ’n gunsteling-oomblik. Dit het herinner aan die launch ’n jaar terug, en dit wat ek tot nou toe bereik het.  Dink jy All Access gaan nog lank aanhou?
'n Mens kan maar net hoop dat dit sal, maar ja, ek dink beslis so. 'n Mens doen die beste wat jy kan, en daar is nog groot dinge wat voorlê op All Access.
Wat maak All Access uniek teenoor ander soortgelyke programme?
Ek dink ons bied high impact vermaak. Ons sugar coat nie enigiets nie, ons vertel die storie soos dit is. Ek dink ook ons bring opregte laughter na mense se voorhuise toe op Vrydagaande.