Maak self jou juweliersware, selfs sleutelhouers, met Amore & Baci, 'n Italiaanse krale-reeks. Die krale (vanaf R199 per kraal) is van Veniese glas, Swarovski-kristalle, emalje, aluminium en saamgeperste pêrelskulp, beskikbaar by Shimansky.

"Die meeste vroue wil juwele hê wat hul individualiteit weerspieël en hulle aan spesiale oomblikke herinner en ons is opgewonde om hierdie besonderse versameling eksklusief by Shimansky te koop aan te bied," sê juweel-meester Yair Shimansky.

Vir meer inligting, kontak 021 421 2788.