Hedda Mittner het dit geleer uit haar kopskuif om op 50 terug te gaan Universiteit toe:

Bly jonk deur jou kop jonk te hou. Baie mense glo Botox en allerlei skoonheidsbehandelings is die oplossing. Ek het by my ma geleer jy bly ’n inspirasie vir ander deur nie op jou uiterlike nie, maar op jou kopspasie te fokus.

Ek besef elke dag hoe interessant die lewe is.

Die lewe is te kort om net een beroep te volg.

Baie min mense kry die kans om regtig te doen wat hulle wil. Jy moet opoffer as jy laat in jou lewe studeer, maar dis my geskenk aan myself.