Toe Raymond Ackerman in 1966 sy werk verloor het, het hy ’n paar vriende omgepraat om vir hom geld te leen. Hy het drie klein Pick n Pay-winkels gekoop. Met sy aftrede 44 jaar later is daar 792 Pick n Pay’s in agt lande. Die winkels se jaarlikse omset is rondom R60 miljard en die National Retail Foundation in Washington het Ackerman se maatskappy as die wêreld se beste kleinhandelaar aangewys. In A Sprat to Catch a Mackerel (Jonathan Ball, 2010) deel hy sy inspirerende sakefilosofie. Sy raad is toeganklik en prakties. R125