Ek moes my totaal oorgee. Nie aan kanker nie, maar aan die lewensproses. Ek hoef nie altyd die sterkste persoon te wees nie, ek kan weerloos wees. Ek moes daardie deel van my aanvaar.

“Soveel mense kla oor hul tekortkominge. Aanvaar die goed én swak en moenie jouself kasty nie. Maak vrede met wat jy het. Soms kan ek nie daar wees vir my seuns nie, ek moes aanvaar ek kan net soveel doen.”

- Carla-Jane Gluckman (39), 'n keramiek-beeldhouer van Kaapstad, is al twee keer met kanker gediagnoseer - op 31 met longkanker, en weer in 2006 nadat sy vyf jaar skoon was. ’n Kolletjie is onlangs op haar ruggraat ontdek. Sy moes vrede maak met kanker as agtergrondmusiek – “soms sag, soms skel, maar altyd daar”.

* Lees nog lewensverhale in die Januarie-uitgawe van SARIE, tot Vrydag 7 Januarie 2010 te koop.