N Paar jaar na my twee seuns se geboorte het ek elke nou en dan n gedagte gekry dat ek een van my kinders gaan verpleeg op hul siek bed. Ek kon nie se watter seun dit gaan wees nie, maar die gedagte het gereeld by my opgekom. Ek het die gedagte toegeskryf aan die feit dat ek n verpleeg sister is en daagliks met siekte in aanraking kom. Jaundre is in Desember 2006 gediagnoseer met kanker. Ons moes die dag van diagnose onmiddelik Kaapstad toe gaan vir behandeling by Rooi-Kruis Kinder hospitaal. Die behandeling was intensief, maar hy het goed reageer daarop ten spyte van al die newe-effete van chemoterapie. Binne 10 dae was die 6cm tumor wat op sy borsbeen was feitlik weg. Die dokters was baie positief. Na omtrent n maand is Jaundre ontslaan om sy behandeling voort te sit in PE. Alles het goed verloop en ons het met die Junie maand skool vakansie 2007 terug gegaan Rooi Kruis hospital toe vir n opvolg ondersoek. Weereens het die spesilaiste ons verseker alles verloop volgens plan. Ons was in daardie tyd 24 uur van die dag op ons knee om te smeek vir genade en ook daarna om dankie te se vir Sy genade wat ons ontvang het. Ek het gereken die gedagte wat ek so gereeld gekry het, sal nou weggaan, maar dit het nie ek het dit nogsteeds gekry. Vanaf omtrent September 2007 het Jaundre vir my gevra “hoe lank gaan hy nog by ons wees”? Ek het aangeneem dit is die kanker wat hy gehad het wat hom hierdie gedages gee. Hy het van n borrellnde wit kop kind na n ernstige grootmens in n kinderlyf verander. My antwoord was positief: “Seun vir so lank as wat jy voel om by my in die huis te bly kan jy daar bly, tot die dag wat jy trou en jou eie nes wil skrop” Einde November 2007 het ons besluit om te gaan kamp vir n naweek, want altwee seuns geniet dit by die see. Jaundre het begin kla dat sy hartjie vinnig klop. Ons het hom die Maandag more dokter toe gevat. Ons gewoonte was n dokters besoek in die aand na werk, want hy moes elke dag die spesialis sien. Die dokter het bloed toetse gedoen wat alles normal gewys het. Hy is toe verwys na die x-straal afdeling. Die middag het ek die spesialis gebel om die uitslae te kry, en het toe verneem dat die kanker terug is en dat die tumor-gewas 9cm is weer op sy borsbeen. Met daardie diagnose het ek diep in my hart geweet my seun gaan dit nie vir n tweede keer oorleef nie. Dit was n stille wete wat ek nie kon weg redeneer of wegwens nie, dit het aan my gevreet soos die kanker lettelrik aan hom gevreet het. Ons moes onmiddelik terug Kaapstad toe. Vandat ons daar gekom het was die dokters meer negatief oor genesing as positief. Hy het met meer intensiewe behandeling begin en sy liggaampie was heeltemal afgetakel. Teen die 24ste Desember 2007 het die dokters vir ons gese om huis toe te kom, want ons is besig om die stryd te verloor, maar hoe op aarde vertel jy vir n 12jarige seun wat by sy volle positiewe is dat hy besig is om dood te gaan? Ek kon dit net nie doen nie. Daar was een chemo tipe wat oorgebly het maar die dokters het dit nie aanbeveel nie omdat dit so sterk is en hy sou dood gaan van die newe effekte en nie die siekte nie. Ek het gevra dat hulle daarmee begin. Na die eerste week van behandleing waarin hy geen newe effekte gekry het nie, moes hy 3 weke wag voordat hy weer kon begin om sy gesonde selle tyd te gee om te herstel. Tydens daardie herstel tydperk het die kanker versprei deur sy liggaan. Hy het intussen begin kla van rugpyn en seer bene. Vrydag die 25ste Januarie 2008 het die dokter ons mee gedeel dat die kanker verder versprei het na die beenmug en dat ons liewer moet huis toe gaan. Medies gesproke kan hulle niks meer doen nie. Ons moes vir hom die nuus gaan oordra. Daar het my hel op aarde begin, ek het gedink die kanker was erg, maar om vir jou verstandelike inteligente seun te se hy gaan dood het n stukkie van my menswees, my hart my alles vermoor.. Vandat Jaundre gediagnosser was het hy met niks n keuse gehad nie, nie met die diagnose nie, nie met die behandeling nie, en nou ook nie met die dood nie. Ek het vir hom gese die Here sal hom eers gaan wys hoe dit in die Hemel is en dan kan hy besluit of hy daarheen wou gaan of liewer by ons bly. Ons het die Here gesmeek vir daardie voorreg, want ek kon nie my kind net so laat gaan met sy onsekerheid nie. Hy wou weet as hy sou kies om liewer by ons te bly, of hy dan nog gaan siek wees of gesond. Ek GLO die Here sou hom vir my gesond terug gegee het as dit SY wil was. Ons het met die Here geredineer, geargumenteer, gesmeek, maar Sy wil was om my seun hemel toe te neem. Die spesialiste het ons n maand saam met ons seun gegee, maar ons het net een goue week gehad. Ons het elke nag gele en gesels. Saterdag oggend net na 10h00 (02 Februarie 2008) is hy oorlede, maar sekondes voor sy dood het dit gelyk asof hy uit die bed uit wou klim, hy het sy nek gedraai en vas gestaar teen n spesifieke punt teen die muur, weer na my gekyk en vir my gese “Ek is lief vir jou mamma, maar DIS LEKKER DAAR”! Ek glo die Here het vir my kind gaan wys waarheen hy hom gaan neem en dat Jaundre vir die eerste keer self kon besluit of hy na daardie “LEKKER” plek wou gaan en of hy na my toe terug wou kom. Hy het die Hemel gekies. Daarvoor loof en prys ons die Here. Die Woensdagaand na die roudiens het ek gaan slaap, ek het nie Bybel gelees of gebid nie, dit was asof ek dood was van binne ek kon net niks doen nie. Jaundre en ek het altyd gespot omdat my hare so vreeslik uitgeval het. Hy het altyd gese ek gaan voor hom “bles” wees, en dan sy hande deur my hare getrek en my in my nek gesoen. Daardie nag het ek wakker geskrik (Geestelik wakker) van n handjie in my hare en n koel soentjie in my nek. Ek het onmiddelik geweet Jaundre is by my. Ek kon aanvoel dat hy haastig was. Ons het gesels, en hy het onder andere vir my gese “die OOM” het die pypie in sy bors uitgehaal en dit was glad nie seer nie.” Ons het hom veras met pypie en al (chemoterapie drippie in sy hoofslagaar- port ) Ek GLO die Here het daardie pypie uitgehaal, wat niemand anders het nie. Hy het na n rukkie vir my gese hy moet nou gaan. Hy het omgedraai en geloop asof van nerens was daar skielik n tweede persoon by hom, wat ek net van agter af gesien het. Daardie persoon het my kind se hand gevat en weggeloop, maar ek WEET hy is gelukkig en dat hy graag wil terug gaan waar vandaan hy gekom het. Ons kan die Here nie genoeg loof vir daardie versekering nie. Die gemoedsrus is onbeskryflik. So twee weke na die gebeurtenis het ek met die Here gepraat en vir Hom gevra hy moet Jaundre net weer vir my wys, ek het berusting waar hy is, maar ek verlang so verksriklik baie. Daardie nag het ek “gedroom” ek sien twee hande in een gevou. Uit die lug het n bak “kruik” geval. Die hande het dit gevang en n stem het vir my gese, “ Soos daardie paar hande die kruik gevang het, so vang die Here sy kinders, as jy in Sy hande is kan NIKS jou daaruit kry nie, jy kan nie jou seun nou al sien nie, daar is te veel siele op die aarde wat nie reg is nie, MAAK DIT REG! Dit is waarom hierdie getuienis uitgestuur word na so veel as moontlik mense, want ons moet seker maak ons siele is reg vir die Here. Daar IS n HEMEL, maar daar IS ook n hel. Moet nie wag tot more nie, dit kan te laat wees, die Hemel en Hel het nie n ouderdoms beperking vir bajaardes alleen nie. Jaundre het nie n keuse gehad met die verloop van sy kort lewe nie, maar ons het elke sekond van die dag wat ons asemhaal n keuse, of ons asemhaal vir Hom of vir die wereld. Daardie keuse kan in n breukdeel van n sekond weggeneem word, en as jou keuse op daardie tydstip nie reg was nie, is die hel n realiteit! Vandag 4 jaar later werk ek daaraan om my emosies, ervaringe, pad met vriende en God, neer te sit op papier, sodat ander ouers kan weet dat dit wat hulle dink, voel, beleef is NORMAAL al sou die buite wereld jou skeef aankyk. Geen mens kan saam praat as jy nie in dieselfde situasie is of was nie.