SA se geliefde malvapoeding is die nr. 1-nagereg by ’n toprestaurant in Los Angeles, VSA. Sqirl, ’n eetplek in die sonnige buurt Silver Lake, het verlede jaar die nasionale Eater-toekenning gewen vir Neighbourhood Restaurant van die jaar. 

En sowaar, die gewildste nagereg op hul spyskaart is die ene Suid-Afrikaanse geur-inspirasie!

Maar hoe het ons malvapoeding in ’n Kaliforniese kombuis beland? Jessica Koslow, die eienaar van Sqirl, is altyd op soek na resepte wat uniek is, ge-#koester word en op ’n unieke manier aangewend word.

“Ek het vriende gevra vir raad en inspirasie. Een van my vriendinne, Erica, is van Kaapstad en sy het my daarvan vertel. Ek het daarna my navorsing gedoen en talle resepte getoets,” het sy aan Eat Out vertel.

Foto: Instagram @sqirlla FOTO Instagram @sqirlla

Hoe reageer die Amerikaners op die “volksvreemde” nagereg? “Dit is tans ons beste nagereg. Dit is so ‘lelik’ dat dit mense nuuskierig maak ...” As hulle vra wat dit is, sê Jessica gewoonlik vir hulle om dit te bestel, hulle sal nie spyt wees nie.

Jessica erken dat sy ongelukkig nog nooit malvapoeding geproe het wat deur ’n Suid-Afrikaner gemaak is nie. Sy moet een van ons resepte probeer!

Malvapoeding met koek uit n boks Peermalvapoeding Malvapoeding met roomys & vla – in die mikrogolfoond! Individuele malvapoedings Malvapoeding

Bron: Eat Out