"Op die ou einde is al die clichés oor sukses waar: Niks wat die moeite werd is, kom maklik nie, sê my ma altyd. Werk hard, hou van wat jy doen, wees positief. In die woorde van Bridget Jones: 'Am going to be marvellous: elegant, vivacious, beautifully dressed.' En as dit alles nie geoeg is om my in die oggend op te kry nie, is daar altyd die vooruitsig van die kantien se kilojoule-digte sjokoladekoek." - Marida Fitzpatrick, bekroonde Beeld-joernalis en skrywer.