My versameling het begin met die idee van 12 koppies vir ‘n teestel. My man het so deel geword van my stokperdjie dat ons nou met meer as 100 koppies sit. As ek in die middag van die werk af kom is daar niks so lekker as om in my hoekie te sit en saam met my man koffie te drink nie. Die versameling lei tot gesprekke oor klein winkeltjies, dorpies en mense wat ons teegekom het met die aankoop van die koppies. My ma is so bietjie meer as ‘n maand gelede oorlede. Sy het my geleer van tafeldek en al die fyn goedjies van onthaal. Ek het baie van haar goedjies ook in my versameling. Sy het altyd kom kyk as ek iets nuuts gekry het. Ek mis haar so baie. In hierdie spesiale plekkie kan ek sit en huil oor my ma , na my kind verlang en met my Here gesels .

Sien ander hoekies/vertrekke