Ek wou sê om asem te skep, maar die yskas is leeg en die wasgoedmandjies loop oor en die hoop strykwerk raak al amper aan die dak. David, waar is jy noudat ek jou nodig het? (Toe ek in Cannes 'n baadjie moes stryk voordat die kameras begin draai, gryp ons gasheer David Malan die kledingstuk by my en stryk dit blitsig en beter as wat ek dit ooit sou kon doen. Hy was mos op sy dag 'n butler, sien. En het dít my nou imponeer! 'n Man wat nie net kan kook nie maar ook kan stryk!    

Vandag moet ek egter self deur my gesin se strykwerk ploeg - en wasgoed was en kos koop en al die ander dinge wat nodig is om die huis aan die gang te hou voordat ek môre weer in die pad val vir meer as tien dae saam met die TV-span. O ja en dan is daar ook nog die maandelikse rubriek vir Sarie wat weggestuur moet word en 'n magdom e-posse wat beantwoord moet word en al die ander agterstallige administratiew take. 

Julle sal my dus vergewe as ek nie 'n lang storie skryf nie, net 'n paar foto's pos wat die afgelope paar dae geneem is om almal weer 'n slag 'in die prentjie te bring', soos die Engelse sê. Hopelik sal ek die naweek naby die warmwaterbronne van Vals les Bains weer 'n skryfkansie kan afknyp.

Ek soek frambose vir Noèmie se vrugte-tiramisu en kersietamaties vir Daniel se souttert by ons naaste klein oggendmarkie. Die kookspan - en my sus Hanna wat kom help het - sien vir die eerste keer my en Alain se kosboek, Somerkos in Provence, wat die TV-span vir ons saamgebring het.

Kameras, ligte... aksie! Ons sweet onder die ligte, maar probeer koel lyk en kalm bly.

Daniel lag tog te lekker (verleë? ingenome?) terwyl hy die TV-span se geesdriftige blog oor ons kooksessie lees  ons kook frans