Die kombinasie van speserye kom uit Noord-Afrika, en dié geurige mengsel

sal gewone hoender buitengewoon laat smaak.

genoeg vir 4 – 6

• 60 ml olyfolie

• 45 ml fyn koljander• 45 ml heel komyn

• 20 ml fyn kaneel

• 1 heel groot hoender

• 2 x 400 g-blikke kekerertjies

• 500 ml hoenderaftreksel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 3 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 x 400 g-blik kersietamaties

Verhit oond tot 200 °C. Meng olyfolie, koljander, komyn en kaneel. Gebruik

’n kombuisskêr en knip die rugbeen van die hoender los en gooi weg.

Draai hoender om, vlek oop en druk met handpalm plat (spatchcock). Spoel

kekerertjies onder lopende water af en gooi in oondbak. Giet aftreksel

oor. Plaas gevlekte hoender bo-op. Geur hoender goed met sout en

peper. Smeer spesery-oliemengsel oor hoender. Sprinkel fyngekapte knoffel

oor en gooi blik tamaties oor. Bedek pan met foelie en plaas in warm oond.

Oondbraai toe vir 1 uur. Verwyder foelie en braai verder vir nog

30 minute of tot die hoender goudbruin en gaar is.