Die liedjie In my lewe is op Mathys se nuutste CD "Rembrandt se meisie in die maan". Mathys het een aand 'n vertoning gaan kyk, en die einste liedjie deur Nardus du Plooy is daar gesing.

"Hy het dadelik gevoel dit is van toepassing op hom, en hy't die liedjie gevat en dit sy eie gemaak," sê Jané, Mathys se meisie.

"Deur die video het hy probeer wys dat die lewe aangaan. 'n Mens moet jou geleenthede gebruik en voluit leef. As daar 'n nuwe uitdaging oor die jou pad kom, vat hom en leef dan die lewe. Die lewe gaan aan, dit staan nie stil en wag vir jou nie. So, al wat jy moet doen is om die geleentheid aan te gryp en voluit te leef," sê sy.

In my lewe is 'n viering van die lewe. Kyk na die video hieronder