"Ons moet sáám daar wees vir die kinders. As ek aan die een kant van die baan staan en sy aan die ander kant ... dit sal hulle in twee skeur. Hulle moet met vrymoedigheid kan praat oor Ma én Pa." - Mathys Roets, oor sy egskeiding (lees volledige artikel in jou nuwe SARIE, nóú te koop)

Mathys tree vanaand (Vrydag 13 Maart) by die Centurion Teater op in Hy's ons man (musiek van Leonard Cohen en Koos du Plessis). Kaartjies hier te kry @ R100 elk.

Óók tree hy op 19 Maart om 19h00 by die Pierneefteater in Villieria op waar hy liedjies vanaf sy album Fluister en die Masters of Song-reeks sal sing. Tel 012 329 0709 vir kaartjies of klik hier.

Vir ander optredes, besoek sy webtuiste by www.mathysroets.co.za