Was dit nie dat ek moes gaan werk nie, dink ek ek sou maklik my wintersdae kon verwyl op my sofa, onder ‘n snoesige kombers en ‘n hoop heerlike boeke om my besig te hou. Dit sou nog lekkerder wees as ek elke nou en dan kon bevele uitdeel vir ‘n koppie boeretroos.

Ek gaan beslis ‘n draai maak by Exclusives se winteruitverkoping wat Woensdag,  26Junie afskop. Daar is meer as 175 000 boeke ter waarde van meer as R9 miljoen waaruit ek kan kies. Ek gaan sommer die geleentheid gebruik om ‘n goeie voorraad aan te skaf vir my bêre-laai. Daardie laai het my al dikwels gered, wanneer ek vergeet het om vir iemand ‘n geskenk te koop.  Lekker handig om so bêrelaai te hê.

Met hierdie uitverkoping staan 10 gelukkige mense ‘n kans om dose vol uitverkopingboeke te wen. Al wat jy moet doen is om ‘n foto van jou aankopies by die uitverkoping op Twitter te plaas by @Exclusivescoza (#Wintersale) of dit te plaas op www.facebook.com/ExclusiveBooks.  Jy kan op die boekwinkel se webwerf meer inligting kry en ook reëls wat geld vir wedstryde.