Dit het als begin met die verkoop van ons groot muurkabinet...

...wat 'n "leemte" in ons sitkamer gelaat het. Ons besluit toe om 'n fokus-muur vir die sitkamer te skep met donker bruin verf. Daarna volg die TV skerm wat teen die muur gehang word met bypassende metaal kershouers aan weerskante. 'n Eenvoudiger kabinet dra by tot 'n moderne gevoel. Gordyne word gekies om by die vertrek in te skakel en sagte bykomstighede soos strooikussings vir 'n titsel kleur word bygevoeg. Mosaiek kershouers en staanlampe van natuurlike vesel help om "tekstuur" in die vertrek te beklemtoon. Die resultaat is nou modern en kontemporêr. Ons gunsteling vertrek is bedags 'n heerlike gesellige kuierplek wat saans omtower word tot 'n romantiese toevlug wat in kerslig glinster!

Sien ander hoekies/vertrekke