Clarins Multi-Active Day Early Wrinkle Correction Cream (R575 vir 50ml) is die ideale dagroom vir iemand soos jy. Wend dit soggens met ligte, strelende bewegings aan 'n skoon gesig en nek. Dit sal die werking van die antioksidante aan die gang sit en sorg dat dit voortdurend deur die loop van die dag oorlog teen vry radikale weens stres of ander omgewingsfaktore verklaar.

Clarins Multi-Active Day Cream

Kort jou vel glans? Kies dan Clarins Multi-Active Skin Renewal Serum (R655 vir 30ml) - die eerste teenverouderingserum wat ook jou vel afskilfer en nuwe selvorming aanhelp. Wend dit soggens en saans aan 'n skoon gesig en nek. Jou vel sal dadelik glad en glansend voorkom.

Clarins Multi-Active Day Cream

'N GOEIE NAGRUS VIR JOU VEL

 

Clarins Multi-Active Night

Wat is die slaap, 'n wondersoete ding . . . ook vir jou vel! Clarins Multi-Active Night Youth Recovery Cream (R620 vir 50 ml) voed, herstel en bevog jou vel terwyl jy in droomland is. Nóg minder om jou oor te bekommer! Dié nagroom help om kollageenproduksie te bevorder en herstel só enige skade deur stresfaktore. Wend dit saans met ligte druk-aksies aan jou gesig en nek. Jy sal elke oggend wakker word met 'n vel wat jonger en meer glansend voorkom.

Clarins Multi-Active Night

Vir meer inligting, besoek die Clarins-webtuiste.

JY KAN WEN!

Clarins gee 3 geskenkpakke weg. Elke geskenkpak ter waarde van R1 850 bevat die volgende Clarins-produkte:

* Clarins Multi-Active Day Early Wrinkle Correction Cream (vir alle veltipes)

* Clarins Multi-Active Skin Renewal Serum

* Clarins Multi-Active Night Youth Recovery Cream (vir normale tot droë veltipes)

ONTHOU: Wanneer jy inskryf vir dié wedstryd, stem jy in om van tyd tot tyd bemarkingsmateriaal van Clarins te ontvang.

 
Sluitingsdatum: 31 Julie