Dis hoogtyd dat Minnie 'n slag weer die kollig geniet, en danksy Lanvin en Disney se nuwe kortfilm kry sy haar beurt!

Dié prettige animasiefilm van vyf minute lank begin waar Minnie voor 'n Paryse winkelvenster staan. Van daar word sy meegevoer na 'n modeweek-fantasiewêreld met van die modewêreld se bekendstes soos Alber Elbaz (skeppende direkteur van Lanvin), Anna Dello Russo (Redakteur van Vogue, Japan), Pat McGrath (grimeerkunstenaar van die bekendes), Naomi Campbell en Linda Evangelista.

Ander Disney-vriende soos Cruella de Vil, Goofy en Sneeuwitjie maak hul verskyning op die loopplank in uirustings van Rick Owens, Balmain, Nina Ricci en Proenza Schouler om net 'n paar te noem.

Lanvin en Disney het hierdie oulike stuk animasie in samewerking met die New Yorkse afdelingswinkel Barney's gemaak, en uit hul Kersfees-vensteruitstalling is dit duidelik. Sarah Jessica Parker, wat ook in die film verskyn, het Minnie-ore gedra na die opening by Barney's.

Kyk die video hier onder.