DIE WAARHEID:

Net jy kan jouself gelukkig maak “Ander mense kan ’n invloed hê op hoe jy voel, maar dis ’n risiko om jou geluk op ander te bou,”waarsku Leatia Stemmet, 'n sielkundige van Linden. “Baie vroue dink byvoorbeeld hulle sal eers geluk vind wanneer ’n man hul liefde beantwoord, maar dit is nie die geval nie. Ons moet geluk in onsself vind. Dit geld natuurlik alle verhoudings, nie net romantiese
verhoudings nie.”

Anders gee jy jou persoonlike mag oor aan iemand anders, beaam Toni. “Dit maak jou ’n passasier van die lewe. Jy neem nie self die stuurwiel en ry waarheen jy wil nie.”

WAT JY KAN DOEN

Alles begin met jou siening van jouself, sê Ingrid.

“Wees lief vir jouself. Die grootste gebod lui dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself. Daar is dikwels ’n verband tussen eiewaarde en geluk. Om gelukkig te wees moet jy bereid wees om jou persepsies te verander.”