DIE WAARHEID

Jou geluk lê binne jouself. Dit hang nie af van wat met jou gebeur nie, maar hoe jy na daardie gebeure kyk, hoe jy dit ervaar, verwerk en hanteer, sê Toni Lee Stephan, 'n sielkundige van Kemptonpark.

"As jou omstandighede verander, gaan jy nie noodwendig gelukkiger wees nie. As jy nie nou gelukkig is met wie jy is, en wat jy het nie, sal geen verandering 'n verskil maak nie.

WAT KAN JY DOEN?

“Kies om gelukkig te wees,” is Toni se raad. “Deur dankbaar te wees en te fokus op wat jy in jou lewe het, kan jy jouself leer om gelukkig te wees. Wanneer jy voor ’n uitdaging te staan kom, vertrou dat alles reg sal uitwerk.

“Jy kan gelukkig wees solank jy aanvaar wie en wat jy is. En as jy jou omstandighede moet verander, onthou dan dat die vermoë om jou lewe te verander en te verbeter binne jouself lê.”