Moby (Richard Hall), wêreldbekende Amerikaanse musikant, sanger, platejoggie en musiekvervaardiger, is toe 'n kunstenaar van 'n ander soort ook. Sy liefde vir teken kom al jare, en Swatch het onlangs sy 'Little Idiot', 'n oulike karaktertjie wat Moby self geskets het, lewe gegee toe hulle besluit het om dit te gebruik as ontwerp op hul jongste horlosie. Daar is slegs 7777 van hulle wêreldwyd beskikbaar, en Moby het 1 499 850 aanhangers op Facebook alleen. Dis maklik om te sien waarom die reeks dan so beperk is.

Die tekening is geskep om die tegniese en skeppende uitnemendheid van Moby se grootste musiektreffers te eggo. Die unieke ontwerp kom nie net op die Little Idiots-horlosie voor nie, maar ook op die bolvormige verpakking.

Moby het duidelik 'n groot voor liefde vir animasie, want die meeste van sy musiek video's gebruik dit ook:

Die horlosies is slegs beskikbaar by Swatch in Sandton. Skakel 011 783 5969 vir inligting of besoek die webwerf by www.swatch.com.