Ons almal onthou die dae toe jou ma jou forseer het om ’n polonek te dra. En dan voel jy vandag nog dis so klein bietjie outyds. Wel, die wiel het nou gedraai en dis een van dié winter se moet-hê-items. Koekerig gaan jy beslis nie lyk nie. Dit is ’n vuurwarm tendens wat oral op straat gesien word.

Kliek hier om te sien hoe bekendes dit dra

Modestorie van SARIE Mei 2016 uitgawe. FOTO: Justin Badenhorst van Supernova. Model: Kirstie Bennett van Ice Modestorie van SARIE Mei 2016 uitgawe. FOTO: Justin Badenhorst van Supernova. Model: Kirstie Bennett van Ice

Jy kan jou polonek op veelsydige maniere stileer. Speel met dié heerlike item vir daardie laag-op-laag-voorkoms. Om ’n uitrusting modern te hou koop ’n polonek in die seisoen se modekleure van herfsskakerings. Maar as jou voorkoms meer klassiek is, dra liewer swart, wit of grys.

Hier volg ’n paar moderne maniere hoe om jou polonek te stileer:

1. Onder ’n rok - perfekte uitrusting as jy groot borste het :

uitrusting 1 - polonek

Die moet-hê-handsak vir herfs 2016

2. Oor ’n midiromp

Uitrusting 2 / polonek

3. Saam met uitklok-jeans

Uitruting 4- po0lonek

4. Saam met ’n culotte 

uitrusting 4 - polonek

Koop die boonste uitrustings hier: