Dié leersandaal wat in Amerika ontwerp is en jou ekstra oefening gee terwyl jy loop, het 'n Suid-Afrikaanse aanslag gekry met die kralewerk deur die vroue van Wola Nani daarop. FitFlop Footwear sal 100% van die netto-wins uit die verkope van dié beperkte reeks aan Wola Nani skenk, en Net-a-Porter, waar jy die sandaal aanlyn teen £105 kan koop, 20% van hul wins.

Wola Nani is 'n nie-winsgewende organisasie in die Wes-Kaap wat MIV-lyers help met finansiële en emosionele uitdagings wat deur die siekte meegebring word. Vir meer inligting besoek:

www.net-a-porter.com

www.fitflop.com/scat/manyano

www.wolanani.co.za

Wola Nan

Kralewerk

 Wola Nani
Wola Nani mense