Mielie, ’n plaaslike handsak- en dekorvervaardiger, gee kopers die geleentheid om ’n blywende verskil te maak in die lewens van hul 50-plus wewers. Stigter Adri Schultz voel sterk oor werkskepping, en as jy kyk na Mielie se sonnige ontwerpe blyk dit haar positiewe energie inspireer almal rondom haar.

Mielie-produkte word met die hand gemaak en omdat die lap waarmee die vrouens werk elke keer effens anders kan wees, is elke item uniek. Die lap wat hulle gebruik, is afvalstukke uit die klerebedryf, wat andersins vermors sou word. Die onderneming se onafhanklike manier van werk laat die wewers toe om van die huis af ’n inkomste te verdien, terwyl hulle na hul gesinne omsien.

Deur een van hierdie handsakke te besit, belê jy in gemeenskapsbemagtiging en sien jy ook om na die omgewing.
Afrika-motief-handsak (R920), MielieSebra-motief-handsak (R920), Mielie