Hulle wéét die paparazzi se lang lense gaan hulle nie vir 'n oomblik uitlos nie, wat beteken jy kan versker wees dat vir dié 12 dae niemand 'n modevoet verkeerd sal sit nie. Ons gunsteling van die week is beslis die Duitse aktrise Diane Kruger. Haar keuses (of moet ons liewers sê haar stilis s'n!) was uitstekend. Van dag tot aand het sy ongelooflik gelyk, maar die hoogtepunt was die eenskouer-rok van Giambattista Valli by die opening van die 65ste Cannes-filmfees.

Baie sterre het ook geskitter in goud en 'n ander groot kleur op die rooi tapyt was ... rooi. Kylie Minogue het geskitter by die premiere van Holy Motors.

Kylie Minogue

PLAASLIKE SKITTER-INSPIRASIE UIT DIE SARIE.COM-WINKEL

Anneline-rok by sarie.com

Berenice Bejo, bekend vir haar rol in The Artist, se rooi patroonrok met ongelooflike neklyn was 'n versekerde wenner by die Cinema Against Aids gala-geleentheid.

Bernice Bejo