Tim Walker, top-modefotograaf bekend vir sy fantasieskeppings, bewys weereens waartoe hy in staat is. Dié foto's is in Blackheath-woud in Engeland geskiet en is, volgens Walker, 'n interpretasie van vrese en drome.

Die sprokiesverhaal word rondom 'n groot harige monster met groot kloue in 'n geheimsinnige woud geskep. Die model, Lindsey Wixson, poseer in oorgroot jasse en met handsakke vol detail waar sy en die monster deur die digte woud wandel.

Die boek en fliek Where The Wild Things Are dien as inspirasie vir hierdie fantasieskepping. Kyk die voorprent hier.