Sy het jou grootgemaak, sy luister altyd na jou probleme, sy vier saam met jou oorwinnings, sy gee raad, en so kan die lys aan en aan gaan. Dis byna Moedersdag en tyd vir jou om jou ma ’n bietjie te bederf.

Hier is ons voorstelle vir bekostigbare uitstappies tot luukse bederwe. Hou ’n piekniek by Kirstenbosch As die weervoorspelling reg is gaan dit sonnig wees. Wat is lekkerder as ’n piekniek saam met jou ma? Koste: R40 vir grootmense, R25 vir SA studente met geldige studentekaarte,  R10  vir kinders tussen 6-18 jaar oud.

Tee by President Hotel Geniet "high tea" in ware Britse styl hierdie komende Sondag by die President Hotel. Tee en varsgebak saam met jou ma klink vir ons na ’n uitstekende plan! Die spesiale geleentheid begin 14:00 en duur tot 17:00. Koste: R195 per persoon Vir meer inligting skakel 021 434 8111
Wees ’n toeris vir die dag Hierdie een is vir groot families en gesinne. Pa's, het jy geweet vir elke volwassene se kaartjie kan twee kinders onder die ouderdom van 18 verniet op die City Sightseeing-bus klim? Koste: Volwassenes vanaf R170

sightseeing