• Entrepreneurs sien geleenthede (gapings) in die mark raak en kry maniere om oplossings te vind en woeker dan daarmee. Moedig jou kind aan om nie oor probleme te kla nie, maar om eerder só oor die lewe te dink.
  • Leer jou kind van jongs af om te waag. As jy jou eie onderneming begin, beteken dit egter nie jy is ’n roekelose kansvatter nie, maar iemand wat berekende risiko’s neem.
  • Mislukkings en foute is deel van entrepreneurskap. Beskou elke fout as ’n kans om te leer. Leer jou kind om ná elke ‘’val’’ weer te probeer.
  • Help hom om sy passies te ontdek. Sukses word nie deur geld nie, maar eerder deur gróót hartstogte gedryf. Die geld volg juis wanneer jy iets met oorgawe doen.
  • Wys hom – deur jou voorbeeld – dissipline en deursettingsvermoë is ’n móét om jou drome waar te maak.

BRON: De Wet Schoeman, Direkteur: Sentrum vir Toegepaste Entrepreneurskap by die US se Bestuurskool (USB-BO); www.usb-ed.com/courses

Brümhilda van Rensburg Junie 2014 Jun

Lees ook ons storie oor die 13-jarige Sébastien Dubois (hooffoto) van Kaapstad wat al R15 000 met sy onderneming gemaak het in die nuwe uitgawe van SARIE - nóú op die rak!