Die kleurskemas wissel van somerkleure soos wit, blou en turkoois tot donker en ligte bruine vir herfs en elegante swart vir aanddrag, en ametis, geelkwarts, toermalyn, kwarts, maansteen en tieroog is maar enkele van die edelstene wat jou sal bekoor in die reeks wat bestaan uit enkele en 'n string armbande, halssnoere en bypassende oorbelle.

Dit kan jy kombineer met jeans en 'n T-hemp vir 'n deftig-informele voorkoms of met aanddrag vir ekstra sofistikasie. Daar is ook 'n spesiale knip waarmee jy vinnig 'n halssnoer in 'n stropsnoer kan verander, of selfs 'n string armbande in 'n enkele een.

Die Enigma Collection is eksklusief by Shimansky beskikbaar en kos vanaf R499 per item. Vir meer inligting, kontak 021 421 2788 of besoek www.shimansky.com.