Daar heers groot opgewondenheid by Mooirivier Kersmark se komitee want die Kersmark is om die draai en daar is soveel om na uit te sien. Die groot nuus hierdie jaar is dat die mark groter is! Daar is interessante produkte, meer en baie nuwe uitstallers. Ons gewilde bestaande uitstallers sal ook almal weer daar wees! Vir die kinders is daar ook lekker vooruitsigte. Die eerste Saterdag, 19 November besoek Lente en Oom Karolus die mark en hulle kan nie wag om saam met die maatjies te kuier nie. Saterdag, 26 November eindig ons kunskompetisie met die tema: "Wat laat jou liggie skyn?" en word die wenners aangekondig. Daarna word almal met 'n poppekas vertoning vermaak. Dus pappas en mammas hou albei Saterdae oop en bring die kinders na die Mooirivier Kersmark. Terwyl hulle vermaak word kan pappa en mamma rustig inkopies doen by die mark. Nog 'n groot aanwins vir die mark is 'n kinderoppasdiens tydens die mark. Bring gerus die kinders saam en plaas hul in die oppasdiens personeel se hande en jul kan rustig inkopies doen. Die tafel is gedek en beplanning in plek! Geskenkbewyse kan nou reeds vir vriende gekoop word wat hulle kan gebruik tydens die mark. Om nou reeds geskenkbewyse te koop is wel 'n goeie spaarplan vir wanneer die duur kersmaande nader kom.