Toyota Auris 1.6 XR

My buurman het twee keer na die Auris kom kyk, want sien, die verjongingskuur van Toyota is duidelik sigbaar en hy moes hom net vergewis. Die motor (sitplek vir 5) lyk nou meer dinamies en slanker, en is ook lewendiger met sy 6-gang-handratkas wat ry-sake baie plesierig maak. Die groter laairuim het nou 360 liter pakplek. Die XR het afstandbeheerde sentrale sluiting, lugversorging, ’n klankstelsel met CD-speler, iPod, USB, Bluetooth en eksterne klankkoppelings, leerbekleedsels, spoedbeheer en verhitte sitplekke voor, en skakel sleutelloos aan. al die modelle in die auris-reeks is toegerus met aBS, EBD en remhulp, lugsakke vir die bestuurder en voorste passasier, sowel as kantlugsakke voor. Die XR-modelle het ook gordynskild-lugsakke, sowel as ’n knielugsak vir die bestuurder.

Prys: R254 500.