Kia Sorento CRDi

Baie ruimte, genoeg plek vir die kinders, Wagter en Ouma, en boonop stylvol. Jou buurman sal ook oor die heining loer – soos myne – as dié stel wiele in die oprit staan. Ons praat hier van die Kia Sorento (5 sitplekke) met sy nuwe voorkoms. Standaardeienskappe sluit o.m. in spoedbeheer, oudio-kontroles op die stuurwiel, parkeerhulp (voor en agter), leersitplekke, verskeie verstellings vir die bestuurdersitplek en USB- en Blue Tooth-koppelings. Vir veiligheid is daar 6 lugsakke en ABS-remme. Die Sorento, dieselmodel, het ’n outomatiese sesspoed-ratkas en kos R407 995. Dit sluit ’n waarborg van 5 jaar/150 000 km of onderhoudsplan van 5 jaar/100 000 km in.