Die Aveo-luikrug met sy sterker enjin lyk nie net stylvoller ná ’n oormaaksessie nie, maar goeie brandstofverbruik en genoeg ruimte vir 4 maak dit ’n aantreklike kopie. Die bagasieruim het nou wel nie plek vir 4 mense se tasse vir ’n Durban-vakansie nie, maar ’n paar naweeksakke pas lekker in. Die 1.6 liter-enjin is lewendig en jy kan versnel as jy die slaapkouse wil agterlaat. Die uitsig is goed en die motor hanteer maklik in stadsverkeer. Die 4 modelle het almal kragstuur, lugversorging en ABS-remme. My voorkeur is nie eintlik outomatiese motors nie, maar ek moet erken dit was baie gerieflik om met dié model deur die verkeer te woerts-warts sonder om aan ratte wissel te dink.
Die prys: R126 970 tot R155 840 (outomaties).