Lexus GS 350

Groot, maar blitsig, stylvol, ruim en gemaklik. Die Lexus is nie verniet benoem as ’n finalis vir 2012 se SA Motor van die Jaar-wedstryd nie. Met dié 3,5 liter-V6-masjien kan jy enige tyd by die Mount Nelson Hotel se voordeur gaan stilhou. Die sesgang- outomatiese ratkas kan vinnig baie haastig raak. Ry-gerief is van die beste en veiligheidseienskappe, onder meer tien lugsakke, puik. Die bagasieruim het nog nooit van dieet gehoor nie; vier mense se bagasie pas maklik in. ’n Trukamera met gids-monitor en parkeerwaarskuwing, verhitbare wegvou-syspieëls, verstelbare leerbeklede stuurwiel met multifunksie-kontrole en togsnelheidsbeheer is van die eienskappe wat ’n kort of lang rit in die Lexus ’n plesier maak.