Opel is bekend vir hul motors met woema en die Opel Performance Centre (OPC) se taak is om sportiewe,
aërodinamiese rygoed, wat ook ’n elke-dag-motor is, te ontwerp.

Dié 2-deur-Corsa voldoen hieraan en het verbasend gemaklik in stadsverkeer
hanteer. Op die oop pad kom jy agter wat eintlik onder die enjinkap (1,6 liter)
skuil. Jy kan teerpad-stof opskop en selfs ’n spoedvraat verbysteek,
mits jy jou ry-storie ken. ’n Goeie remstelsel en 6 lugsakke sorg vir
veiligheid en renjaer-sitplekke bied goeie ondersteuning.

Prys: R249 930.