Kort rokkies het hoogty gevier! Duidelik is die somer reeds in volle gang in die noordelike halfrond en die sterre is lus vir beenwys. Van knie-lengte tot baie kort, in helder kleure en monochromoties – almal het afgewys.

Ons top twee? Die peplum-snitte van die aktrises Emma Stone (The Help) en Charlize Theron. Emma, wat die eerste Trailblazer-toekenning ontvang het vir haar suksesvolle loopbaan op 'n jong ourderdom, het stylvol gelyk in 'n peplum-snit korset met tulp-romp ontwerp deur Martin Grant. Charlize, 'n aanbieder by die geleentheid, het asems weggeslaan met 'n rooi peplum-rok van Lanvin.

Kyk ook by sarie.com se winkel vir 'n peplumbaadjie.

Emma Stone by die MTV-fliek-toekenningsMari-peplumbaadjie (R795), Colleen Eitzen

EN VANAF DONDERDAG 14 JUNIE TE KRY!

Klein pienk rokkie (beskikbaar vanaf Do 14 Jun)

Klein pienk rokkie

WIE LYK DIE BESTE: CHARLIZE OF EMMA?