Riana Scheepers van Wellington, mede-skrywer van Krismis die Musical, deel haar grootste Kerswens.

"Genoeg tyd om lieflike boeke te lees, liefdevolle arms waarin jy snags kan slaap en dat die mense wat jy naby jou wil hê, genoeg kom kuier.

"Dat SA sonder een enkele waaiende plastieksak en rommelstuk sal wees, vir duisende dolfyne in die see, arende in die lug van die Tankwa-Karoo, dat vroue en kinders rustig sal slaap en sonder vrees in die straat kan loop, dat ons mense soberder sal leef en beter na hul geldsake sal omsien.

"Dat elke kind een klein geskenkie kry wat dierbaar en wonderlik nét vir hom of haar is, en ek wens veral dat daar nie één kind is wat vyf of agt of tien onnodige, oordadige, buitensporige en duur presente kry nie."

Riana Scheepers, skrywer