Na aanleiding van 'n ma se brief: "Ek staak my kind se ADHD-medikasie"

"My seun het ADHD, hy het so pas 21 geword. Ons het deur dieselfde probleme gegaan. Hy doen vanjaar tweede jaar B.Comm beleggings en dit gaan goed met hom . . ." – Gerda Weldhagen

"My dogtertjie is al vir 2 jaar op Ritalin en om eerlik te sê, dit voel vir my of ek my dogtertjie 2 jaar laas gesien het. Alles word onderdruk as gevolg van die medikasie" – Theresa

"Sylvia, baie dankie vir jou brief. Ek was vanmiddag ná werk op pad om my 12-jarige seun se voorskrif vir sy volgende lot Concerta te gaan optel, maar ek gaan nie. My kind is ook deur die skool aangesê om vir elke denkbare toets te gaan – gehoor, oë, ensovoorts. Elke keer was daar niks fout nie." – Tessa