Moenie . . .

  • iets sê wat haar belewenis van die pyn ongeldig maak nie, soos: “Ag, hy is nie jou trane werd nie.” Of: “Dink jy nie jy oorreageer nie?”
  • haar gewese kêrel slegsê nie. Sy kan dit doen as sy sou wou, maar sy wil dit nie noodwendig van jou hoor nie.
  • haar veroordeel of vir haar preek indien sy die waardes wat jy haar geleer het oorboord gegooi het nie, soos as sy dalk by haar kêrel geslaap of hom verneuk het, sê Hanli.
  • jouself insleep nie deur byvoorbeeld te sê: “Ek is nou al so moeg van jou lang gesig.” Dit is en bly haar trauma. En onthou: Net as jou kind wel wil weet hoe jý destyds deur ’n soortgelyke ervaring gekom het, kan jy dit met haar deel en haar só wys daar’s hoop ná teleurstelling.
  • jou kind dadelik help om ’n ander kêrel te soek nie. Sy moet eers volledig rou. So nie, kan sy al haar onopgeloste seer, woede en kwesbaarheid op ’n volgende kêrel projekteer en dan dalk wéér teleurgestel word. As jou kind regtig sleg behandel is, erken haar kêrel se gedrag en laat dit daar. Jou emosionele neutraliteit sal jou kind help.
  • saam met haar huil nie (of probeer ten minste om nie te huil nie) – dit bevestig die omvang van die verlies. Daarby sal sy dalk later nie meer so gewillig wees om met jou oor haar gevoelens te praat nie.

VIR HULP