Hy't my nog altyd aan my pa herinner met sy liniaalinsluk- stap - fier en met afgemete treë. By die diplomaplegtigheid het 'n klasmaat vir my gefluister: "Die perfekte statuur vir 'n butler, Mevrou!" In sy swart pak en wit behandskoende hande het hy daar gestaan. Prim en proper soos sy oorle oupa! Terwyl ék geworstel het om die wurgpatat-knop in my keel afgesluk te kry.

En nou gaan my min-woorde-kind die oseane aandurf as butler vir een vandie wêreld se mees eksklusiewe seiljag-vlote. Hywou altyddie wêreld sien en ander kulture leer ken.

My ma-hart pyn in stilte, maar ek borrel ook van opgewondenheid oor sy once-in-a-lifetime-geleentheid. Kleintydlesse sal vir hom die regte padkos wees. Hy sal altyd warm gehou word deur sy ouers se liefdeskombers, al woed die lewe se stormseë. En hy sál die pad terugvind na die hawe van ons hart - sommer so sonder die GPS!

Maar vir eers moet ons die ankertoue losmaak en sy bootjie die wye oseaan instoot, want so het ons hom geleer: Jy kan nie nuwe oseane ontdek as jy steeds die kuslyn in die oog het nie. - SARIE-leser Wendy Anthonie, Beaufort-Wes