Rondom Kersfees is dit lekker om terug te dink aan nostalgiese of spirituele tye en plekke. SARIE se retoesjeerder, Willem Koen, vertel van sy besonderse tyd in die Sederberge.

"Ek en my gesin soek Kerstyd rus en vrede in die Sederberge. Wat is beter as om naby aan God se handewerk te wees? As jy lief is vir rotsklim, is dit altyd lekker om jouself uit te daag en te sien of jy nog teen die Maltese Kruis kan uitbeur. Dié kruis laat my dink aan Christus en waaroor Kerstyd gaan – die geboorte van die Christuskind."
- Willem Koen, retoesjeerder