Oktober word die Vegetariese Fees landwyd gevier, maar die grootste viering daarvan is in Phuket. Die fees is ook bekend as die “Tesagan Gin Je” of die “Nine Emperor Gods Festival”. Dis vol tradisie en opwinding. Alle plaaslike inwoners neem nie deel aan die fees nie, dis meesal Thai mense wat van Chinese afkoms is, wat sowat 30% van die bevolking is.Die fees het in 1825 ontstaan nadat Chinese teaterkunstenaars in Thailand kom optree het en  ‘n siekte onder hulle uitgebreek het. Hulle het hulself genees deur ‘n streng en spesiale vegetariese dieet te volg. Deesdae is dit ‘n opwindende gebeurtenis. As jy nog nie so iets beleef het nie, maak jouself reg vir ‘n skok.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Elke oggend bied een van die Chinese tempels die straatoptog aan.  As jy vroeg genoeg by die tempels kom, kan jy die self-skending en ‘piercings’ sien.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Laat middag op die eerste dag word die lanternpale by elke deelnemende tempel gelig. Dit skop die fees af. Nege lanterns, wat die 9 ‘Emperor Gods’ verteenwoordig,  word opgehys teen die paal. Daar word geglo die gode kom elke dag om middernag teen die pale af.

FOTO: Lourika reinders FOTO: Lourika reinders

Mah song is mense wat die geeste verwelkom in hul eie liggame en hulle verval in ‘n beswyming.  Die woord Mah  beteken “perd” in Thai, en die naam “mah song” verwys na hoe die gode se geeste die liggame van die mense gebruik as vervoer, soos iemand wat op ‘n perd ry.  Slegs rein, ongetroude mans en vrouens mag dien as ‘n “mah song”. By die tempel ondergaan die deelnemers verskeie rituele om hulself te beskerm teen die pyn gedurende die fees.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Die Mah Song pas rituele self-skending toe terwyl hulle in ‘n beswyming is.  Dit sluit in deurboring van die wange, arms, bene, gesigte, rûe ens. In die foto’s word daar skerp penne deur die lippe gesteek, naalde deur die arms en lang pype deur die wange. Daar word geglo die dade bring goeie geluk na die gemeenskap.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Nadat alle ‘piercings’ gedoen is volg die straatoptog. Mense ry met vragmotors en karre tot in die midde-dorp waar almal dan begin stap - die daaglikse staptog is 10 km.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Jong mans bied aan om die afbeelde van gode deur die strate te dra op hul skouers.

Gedurende die staptogte word daar konstant vuurwerke in die skare ingegooi en die musiek is dawerend.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Die plaaslike mense sit kos uit op tafeltjies voor hulle winkels. Die “Mah-Song” kom seën die kos, drink ‘n glasie koue tee en seën ook die familie en hul huis.  In hierdie foto staan ‘n ou man en wag vir die Mah-Song om verby sy winkel te kom om dit te seën.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Van die Thaise mense word ook deur die geeste en gode aangeraak. Baie van hulle verval in ‘n beswyming en word gewoonlik flou na so paar minute.  Ek het hierdie meisie weer raakgeloop deur die dag en sy het baie broos en moeg gelyk.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Net die braafste jong mans is bereid om die afbeeldings van hul gode deur die strate te dra.  Die vuurwerke maak ongelooflike foto's.  Ek raai jou aan om 'n mondskerm, sonbril en oorpluisies te dra gedurende die optog.

#10Groot groepe mense, Mah-Song’s, hul helpers, asook toeskouers en plaaslike mense neem deel aan die optog deur die midde-dorp se strate.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Elke Mah-song het ‘n groepie familie of vriende wat die dag saam met hulle deurbring. Hulle help om die wonde skoon te hou en help ook dra aan die swaar ‘piercings’.

#12Oral in Phuket is daar winkels wat wit klere verkoop. Dis ‘n teken van respek en reinheid. Die Thais en ander deelnemers moet wit dra om respek te toon.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Wanneer die Mah-song deur die geeste aangeraak word, voel hulle glo geen pyn nie.  Mens sien hoe hulle koppe heen en weer skud en ruk en hul oë dop om.  Hier masseer  een van die Mah-song ‘n plaaslike Thai om hom te genees van pyn.

FOTO: Lourika reinders FOTO: Lourika Reinders

Na die straatoptog kan die deelnemers rus en iets kry om te eet.  Hierdie groep mans was almal draers van die afbeeldings.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Die kos speel ‘n belangrike rol tydens die fees.  Die plaaslike bevolking wat deelneem, eet net kos wat streng plantaardig is, nie net vegetaries nie. Die Thai mense kan 100 verskillende geregte berei met tofu. Dis  partykeer moeilik om te glo dat jy nie vleis eet nie, maar wel net tofu. Na elke straat-parade word daar  by die tempel gekook en almal word gevoed.

FOTO: Lourika Reinders FOTO: Lourika Reinders

Jui Tui tempel is die grootste Chinese tempel in Phuket,  net wes van die hoof vlooimark in die midde-dorp. Baie plaaslike mense gaan die aand daarheen om persoonlik deur die Mah-Song geseën te word. Die laaste aand van die fees, word die gewilde ‘Dans van die Draak’ uitgevoer en so kom die 9 dae lange feesviering tot ‘n einde.  Die volgende dag word alle bamboespale weer laat sak.