Daar's 3 nuwe toffie-appel-geure in die DKNY Delicious Candy Apple-reeks:
Sweet Caramel, Ripe Raspberry
en Juicy Berry

Sweet Caramel
Verbeel jou: Die kombinasie van heuningsoet vrugte, verleidelike blomgeure en liplekker soetgoed. Die geur van toffie-appel en peer, malvalekker en jasmynbloeisels, viooltjieblare en 'n tikkie groen varsheid. En om dit af te rond, romerige karamel en geklopte room!

Ripe Raspberry
Dra die vars geure van kraakvars appels, lemmetjie en versuikerde framboos op jou vel. Voel die sagtheid van pinksterroos- en soet lelie-geure, die tinteling van kolaboom . . .

Juicy Berry
Swartbessies, braambessies, sappige pere en lietjies wat bars van soetheid, met die fluweelsagte geure van roosblare en appelbloeisel. En om die vrugtige heerlikheid af te rond, romerige sandelhout en soet houtgeure. Juicy Berry is 'n bessie-bederf soos min!

DKNY Delicious Candy Apples Elke Delicious Candy Appel-geur kom in die skattige appelvormige Be Delicious-botteltjie, gekleur volgens geur.

Daar is 'n beperkte oplaag beskikbaar van die nuwe Delicious Candy Apples-versameling en dit sal vanaf 1 Februarie in winkels beskikbaar wees teen R575 elk.

DKNY die handelsmerk is in 1989 deur Donna Karan geskep. Soos al die DKNY Delicious-geure is die Candy Appel-reeks geïnspireer deur die gevoel en energie van New York se strate: ryp vir die liefde, die lewe en die avontuur.

DAAGLIKSE WENNERS

Maandag 8 Februarie: Elma Botes

JY KAN 'n appel 'n dag WEN!

Jy kan vanaf Maandag 8 Februarie tot Vrydag 12 Februarie elke dag 'n DKNY Delicious Candy Apple-geur wen. Skryf in hieronder