Die afskop van die Parys Haute Couture Modeweek word in opskrifte op modeblogs en nuuswebtuistes as meer as net 'n modevertoning beskryf. Eerder 'n groot mode-geleentheid met Raf Simons wat wyd komplimente ingepalm het vir sy eerste reeks vir die modehuis Dior.

En al die invloedrykes was daar – van Amerikaanse Vogue-redakteur Anna Wintour, Prinses Charlene (van kop tot tone in Dior), Hollywood-aktrises Sharon Stone en die nuwe 'It-girl', Jennifer Lawrence van Hunger Games-faam tot sy eweknieë uit die modewêreld – Donnatello Versace en Marc Jacobs.

Simons se reeks was 'n terugkeer na die New Look-voorkoms waarvoor Dior tussen 1947 en 1957 so bekend was, maar met 'n moderne aanslag.

Hy is Dior se vyfde ontwerper en het in April vanjaar die flambojante kreatiewe direkteur John Galliano vervang ná 'n rassevoorval. Raf het vroeër groot sukses behaal by die modehuis Jil Sander.

* Sien die volle Dior-reeks hier